thewebman.co.za
082 349 3700
phone thewebman
thewebman.co.za
thewebman.co.za diens:
Webblad Sekuriteit

Daar is minstens 3 faktore wat in aanmerking geneem word wanneer na sekuriteit van 'n webblad verwys word.

Die Veiligheid van u Webblad
Hoe moeilik (of maklik) is dit vir kuber-krakers om u webblad aan te val?
Dit is algemeen bekend dat sekere (en veral baie gewilde) platforms wat gebruik word vir die ontwikkeling van webtuistes uiters kwesbaar is vir aanvalle deur kuberkrakers.

Ek gebruik nie sodanige toepassings nie. Ek beveel ook sterk aan dat as u huidige webblad in hierdie kategorie val, u moet oorweeg om iets daaraan te doen.

Skakel my gerus, my advies is gratis.

Die Opneem van Sensitiewe Inligting
As webblad ontwerpers bou ons sekere vlakke van sekuriteit in elke webblad waar nodig, soos bv. SSL sertifisering - 'n vorm van data enkriptering.

Die primere doel van die gebruik van 'n SSL (Secure Socket Layers) sertifikaat is om 'n veiliger verbinding te skep tussen die rekenaar van die gebruiker en die rekenaar waar die webblad gehou word. Dit bied ook aan kliënte meer gemoedsrus sou daar van hulle verwag word om sensitiewe of persoonlike inligting, soos kredietkaart inligting te voorsien.

Die Eerste Indruk
Sodra iemand u webtuiste besoek, is die vlak van sekuriteit duidelik sigbaar (sien afbeeldings hieronder) en dit kan 'n voornemende kliënt afskrik nog voordat hy na die webblad gekyk het.

Ons kan help om dit reg te stel. Skakel gerus.

thewebman.co.za

Wat Google wil sien
As deel van 'n veldtog om 'n veiliger Internet te skep word daar nou baie meer klem geplaas op 'secure websites' deur groot rolspelers soos Google en andere. Soekenjins het reeds begin om meer waarde te plaas op veilige webblaaie en om dit hoër te plaas op die resultate van 'n soekproses. 

Vir meer inligting oor webblad sekuriteit, die voordele en koste daarvan, kontak my gerus.

KONTAK:
Webtuistes:
Epos: webman@thewebman.co.za
Tel: 082 349 3700
Fax: 021 300 5602

Aanlyn Winkels:
Epos: manager@inthebag.store
Tel: 087 551 2942
Fax: 086 603 1299

thewebman.co.za