Die diens wat ek aan my kliënte lewer, sluit ondermeer die volgende in:
Om u eie Internet teenwoordigheid te vestig is so maklik as om 'n domein naam te bekom.
In die lewe van vandag is dit waarskynlik ook die eerste stap in die rigting van elke nuwe onderneming. 'n Eie domein naam verseker ook die toekoms en integriteit van u handelsmerk.
Of dit .co.za, .com, of wat u ook al verkies, ek kan die naam namens u registreer.
U is welkom om my te skakel sodat ons u behoeftes kan bespreek.
"Hosting" (verskoon, maar ek soek nog na 'n goeie Afrikaanse naam hiervoor) is een van daardie noodsaaklike dinge wat in die agtergrond van elke webblad gebeur, en nie altyd baie goed verstaan word nie.
In werklikheid 'n eenvoudige proses. Ons moet 'n webblad iewers op 'n rekenaar plaas waar die wêreld dit kan sien. Dit is ook 'n komplekse proses wat liefs in die hande van spesialiste gelaat word.
Die algemene gebruik is dat die koste van 'hosting' direk in lyn is met die volume data wat op die rekenaar gestoor word en die volume verkeer wat dit genereer.
Ek beskik nie oor rekenaars waarop 'hosting' gedoen word nie. Ek het wel toegang tot heelwat spasie op sodanige rekenaars wat deur spesialis maatskappye bedryf word. Met onderlinge ooreenkomste kan ek webtuistes op een van verskeie rekenaars plaas, welke een ookal geskik is vir jou webtuiste.
Indien die behoefte bestaan om 'n server te gebruik wat nie gedeel word met ander nie (soms genoem 'n "Cloud Server"), kan ek ook daarmee help.
Die pryse wat ek vra is baie kompeterend, hoofsaaklik omdat dit nie my primêre bron van inkomste is nie. Daar is ook geen verpligting om webtuistes wat ek skep op enige van hierdie diensverskaffers se rekenaars te plaas nie.
Ek sal graag 'n domain naam registreer en/of Hosting namens jou reel. Ek doen dit met die verstandhouding dat jy hierdie inligting en voorwaardes gelees het en verstaan.
Meeste van die 'hosting' pakette wat ek aanbied sluit epos fasiliteite in.
Die diens is baie aanpasbaar deurdat meer as een adres geskep kan word, en die limiet op die grootte van 'n epos en die spasie wat dit opneem onderhandelbaar is. Buitengewone versoeke mag teen 'n premie beskikbaar wees.
Die eposadres sal wees jounaam@joudomein.co.za en is nie dieselfde as 'n Gmail rekening nie.
Persoonlik is ek baie gerieflik met die eMClient sagteware vir gebruik op jou rekenaar vir eposse, in die plek van standaard produkte soos bv. "Outlook". Jy sal dit ook binnekort direk van my kan aankoop. In die tussentyd is jy welkom om my te vra hoe en waar jy dit kan bekom.
Kom ons wees maar eerlik. Die gesig van jou onderneming in nie meer die stem oor die telefoon, of die meisie by die ontvangs toonbank nie. Jou besigheid word deesdae be-oordeel deur hoe jou webblad lyk en of dit aan die kyker se verwagtinge voldoen.
Of 'n besigheid 'n webblad nodig het is lank reeds nie meer 'n agument nie. Die argument nou is of jou webblad vir jou werk.
Maar daar is meer. Voldoen dit aan die vereistes van Google en ander soekenjins? Kan die kyker dit op sy selfoon sien (en gebruik!!).
Ek doen moeite om seker te maak dat die webtuistes wat ek skep, aan jou behoeftes voldoen.
Kontak my gerus vir meer inligting.
Indien jou huidige webblad nie aan jou verwagtinge voldoen nie, is daar waarskynlik heelwat wat daaraan gedoen kan word. Jou webtuiste hoef nie slegs 'n uitgawe te wees nie, dit kan ook 'n bate wees wat vir jou werk.
Sou jy belangstel, lewer ek graag my eerlike opinie van jou webtuiste, asook gratis advies, sonder enige verpligting, om die effektiwiteit van jou bestaande webblad te verbeter.
My verslag mag kommentaar en/of aanbevelings insluit ten opsigte van die volgende belangrike komponente van 'n suksesvolle webblad:
My opinie en kwotasie om jou bestaande webblad te verander is gratis. Kontak my gerus.
Om op die Internet handel te dryf is nie net algemeen nie, in die veranderende wêreld van vandag het dit byna 'n noodsaaklikheid geword.
Ek skep winkels spesifiek na u behoeftes. Daarna laai ek die eerste voorraad items as voorbeeld en staan u personeel by met die oplaai van al die ander voorraad. Nadat alles getoets is koppel ek die betaalwyse aan u bankrekening.
Of die winkel aan die publiek verkoop en of u slegs bestellings van verspreiders ontvang, of altwee, u funksie is basies beperk tot die versending van produkte. Tensy spesifiek opgestel sal elke bestelling betaal wees teen die tyd dat u daarvan kennis kry.
Praat met my. Dit is baie makliker om so winkel te bedryf as wat u verwag het.
Ons is almal nou reeds bewus dat 'n webblad nie net kan bly soos dit is nie. Daar is gereeld die behoefte om inhoud te verander, op te dateer, foute reg te stel en meer.
As veranderinge aangebring moet word aan webtuistes wat deur my ontwikkel is, is dit so eenvoudig as dat jy my vra en dit word gedoen.
Normaal vra ek 'n nominale fooi per gebeurtenis. In sommige gevalle het webblaaie gereelde opdatering nodig en vir diesulkes bied ek 'n basiese bystands ooreenkoms aan. Dit is basies 'n geval van jy betaal my 'n enkelbedrag per jaar en in ruil doen ek 'n onbeperkte aantal veranderings.
Meer besonderhede van wat ek doen, of nie doen nie, in terme van die ooreenkoms, is hier te sien.
Daar is minstens 3 faktore wat in aanmerking geneem word wanneer na sekuriteit van 'n webblad verwys word.
Hoe moeilik (of maklik) is dit vir kuber-krakers om jou webblad aan te val?
Dit is algemeen bekend dat sekere (en veral baie gewilde) platforms wat gebruik word vir die ontwikkeling van webtuistes uiters kwesbaar is vir aanvalle deur kuberkrakers.
Ek gebruik nie sodanige toepassings nie. Ek beveel ook sterk aan dat as jou huidige webblad in hierdie kategorie val, jy moet oorweeg om iets daaraan te doen.
Kontak my gerus, my advies is gratis.
As webblad ontwerpers bou ons sekere vlakke van sekuriteit in elke webblad waar nodig, soos bv. SSL sertifisering - 'n vorm van data enkriptering.
Die primere doel van die gebruik van 'n SSL (Secure Socket Layers) sertifikaat is om 'n veiliger verbinding te skep tussen die rekenaar van die gebruiker en die rekenaar waar die webblad gehou word. Dit bied ook aan kliënte meer gemoedsrus sou daar van hulle verwag word om sensitiewe of persoonlike inligting, soos kredietkaart inligting te voorsien.
Sodra iemand 'n webtuiste besoek, vertoon sy rekenaar die vlak van sekuriteit van toepassing op daardie webblad. Indien die rekenaar aantoon dat 'n webblad nie veilig is nie ("not secure" is die boodskap wat vertoon word) kan dit 'n voornemende kliënt afskrik nog voordat hy na die webblad gekyk het.
Ons kan help om dit reg te stel. Skakel gerus.
Ons sien al hoe meer webtuistes wat aandui dat 'koekies' gebruik word.
'n Koekie is 'n klein hoeveelheid data wat soms deur 'n webblad op jou rekenaar geplaas word.
Dit sal afhang van die struktuur van jou webwerf, asook watter tipe inligting jy van die gebruikers van jou webwerf wil insamel.
In die geval van webtuistes wat persoonlike inligting in 'n koekie stoor, bestaan die uiters skraal moontlikheid dat die inligting deur ander bekom kan word vir misbruik.
Anders as in Europa waar webtuistes gebruikers moet waarsku dat koekies gebruik word, is dit nog nie 'n vereiste in ander wêrelddele nie. Die POPI (Beskerming van Persoonlike Inligting) wetgewing in Suid-Afrika vereis dat 'n persoon in enige instansie genomineer moet word wat verantwoordelikheid aanvaar vir die beskerming van persoonlike inligting.
Afhangend van die tipe inligting wat versamel word deur 'n webblad, is dit belangrik om te verseker dat alle betrokkenes moet kennis dra van moontlike misbruik.
Dit is baie onwaarskynlik dat enigiemand die sosiale media sal gebruik om iets by jou te koop.
Tog gebruik feitlik almal die sosiale media om inligting te bekom.
Om deel te wees van hierdie poel van inligting wat deur sosiale media versprei word moet jy 'n aktiewe deelnemer wees.
Daar is verskeie verskillende sosiale media platforms, elkeen met sy eie geur, styl en gebruikers. Jou tipe besigheid en/of jou teikenmark sal bepaal watter platform(s) jy moet oorweeg.
Waar jou webblad hoofsaaklik statiese inligting bevat is die teenoorgestelde waar met betrekking tot die sosiale media. Om die voordele te benut is dit baie belangrik om 'n aktiewe deelnemer te wees. Teenwoordigheid sonder deelname het geen waarde nie.
Kontak my gerus vir meer inligting. My advies oor die sosiale media is sonder verpligting.
Wil jy gesels of 'n projek bespreek?
Kontak my gerus per e-pos by
webman@thewebman.co.za
of gebruik die vorm op die kontak bladsy
Ek skep
- doelgemaakte webtuistes deur die gebruik van hoofsaaklik html en css
- by uitsondering, wordpress webtuistes
- aanlyn winkels met opencart as basis.